Doodsbleek

Product Number: WEB320288
Released: 15 Mar, 2019
Business Term: Multiuse 75 Circ
ISBN: #9781868428830
Publisher: Jonathan Ball
Please log in to view pricing

Description

In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie GUnther 'n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die MUnchen-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in 'n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek 'n ryk weduwee, en die ander, homself.Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo - Berlyn se misdaadpolisie - 'n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo diE keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos - 'n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.

Author(s): Philip Kerr
Genre: Crime
Original Publish Date: 15 Mar, 2019

Stay up to date with Wavesound news and announcements

telling your story